Man vas na ontsnapping

0
580

Duane Petrus – ‘n Vermeende motordief wat vroeër vandeesmaand uit die Welkomse landdroshof ontsnap het is weer gister in die stad gearresteer.
Samuel Malgas (47) het op 19 Februarie ontsnap nadat hy twee dae vroeër met ‘n gesteelde BMW X5 gevang is.
Polisie woordvoerder, Stephen Thakeng, sê dit is steeds onduidelik hoe Malgas ontsnap het, maar sê hy was nie geboei tydens die ontsnapping nie.
Gister se arrestasie kom nadat ‘n inwoner Malgas herken het nadat sy foto in plaaslike koerante geplaas is.
Hy is in Jarusalempark in Thabong gevang.
‘n Vedere klag van ontsnapping is by die vorige een van motordiefstal gevoeg.
"Dié aanmelding van die gemeenskapslid wys dat inwoners moeg is vir misdaad. Ons moedig inwoners aan om saam met die polisie te werk, sodat ons saam seker kan maak ons bly in ‘n misdaad-vrye land," sê Thakeng.
Thakeng sê polisieteenwoordigheid sal more by Malgas se hofverskyning verskerp word.