Man stabiel na hy geskiet is in gewapende roof

0
994

SABRINA DEAN – Die man wat gister in die been geskiet tydens ‘n gewapende roof is in ‘n stabiele toestand in Pelonomi Hospitaal.
‘n Hospitaalwoordvoerder het vanoggend bevestig dat Ernest Welgemoed gister in Pelonomi se trauma-eenheid opgeneem is. Sy wonde is skoongemaak en hy het oornag in die hospital.
Intussen sê polisie niemand is in al hegtenis geneem in verband met gister se gewapende roof by die Standard Bank nie. Polisiewoordvoerder Chaka Marope sê polisie soek steeds na ten minste een verdagte. Hy sê die ondersoek duur voort.
Welgemoed is geskiet en beroof by die bank se Henrystraat-ingang toe hy geld by die bank wou inbetaal. Nog ‘n skoot is blykbaar binne in die bank afgevuur maar niemand anders is beseer nie.