E Copy

Date:

Man skuldig bevind aan dieremishandeling nadat hy perd met waaierband slaan en los vir dood

Die Bloemfontein DBV het bewus geword van hierdie perd wat ‘n waentjie met kinders en volwasse mense op vir 20 kilometer vanaf ‘n plaas buite Dealesville moes trek. Met die terug keer na die plaas, kon die perd glad nie meer en het inmekaar gestort terwyl hy die waentjie moes trek.

‘n Besorgde persoon het die DBV in Bloemfontein gekontak nadat die perd vir twee dae net op een plek gelê het. Die perd was dood moeg en vreeslik ontwater. Die eienaar van die perd het met die DBV se aankoms erken dat hy sedert die perd neergeslaan het van die moeg, geen water aan die dier gegee het nie.

Boonop was daar ‘n swaar ketting om die een voor been van die perd. Die perd moes die waentjie trek met hierdie ketting om sy poot. Die ketting het verskeie wonde aan die perd veroorsaak.

Die perd het verskeie wonde aan hom gehad. Onder die perd se voorbene was baie oop sere wat met ons aankoms vreeslik gebloei het. Daar was ook ‘n hele paar oop wonde wat veroorsaak is deur ‘n fan beld waarmee die eienaar die perd geslaan het, toe hy nie meer wou loop nie.

Die perd is konfiskeer met al sy toerusting en na die DBV geneem. ‘n Saak van dieremishandeling is teen die eienaar gelê.

Nkatlholang Jan Kaoeng met id no 9004016315080 is vandag in die landdros in Dealesville skuldig bevind aan dieremishandeling. Jan Kaoeng is gevonnis tot ses maande korrektiewe diens.

Die Landdros wat die saak aangehoor het was Mnr M Ntloko en die Staatsaanklaer Me TI Lenong.

Die Landdros het aan Jan Kaoeng gesê dat hy skuldig is aan ‘n baie ernstige oortreding. Hierdie dieremishandeling is ‘n resultaat van ‘n perd wat geslaan was met ‘n fan beld nadat hy vasgemaak is met ‘n ketting. Die perd kon homself nie verdedig en uit die omstandighede self haal en was weerloos. Die perd is ook kos en water ontsê.
Die Landdros het ook uitgestip dat die perd baie ernstige beserings opgedoen het a.g.v die slaan met die fan beld.

Mnr Ntloko het baie duidelik uitgestip dat as die beamptes van die DBV nie tot die redding van die perd gekom het nie, sou die perd deur Jan Kaoeng se toedoen doodgegaan het. Diere kan nie vir hulself praat nie, en dit is waarom die beamptes van die DBV daar is. Landdros M Ntloko het die belangrikheid van die gemeenskap uitgewys om dieremishandeling aan die beamptes van die DBV te rapporteer sodat die skuldige persone aan die pen kan ry.

Landdros M Ntloko het uitgewys dan Jan Kaoeng ‘n baie gevaarlike persoon is, omrede hy reeds twee vorige sake van aanranding en een van huisbraak teen hom het. Dit is net nog ‘n bewys dat Jan Kaoeng wreed teenoor die perd was. Landdros M Ntloko het dit duidelik gestel dat diere nie vir hulself kan praat nie en afhanklik is van mense soos die DBV om hul te beskerm teen wreedaards.

– Verklaring verskaf

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...