Man in hof oor R1 miljoen – glo gesteelde geld

0
673

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die bestuurder van ‘n bakkie sal na verwagting volgende week in die landdroshof op Trompsburg in die Vrystaat verskyn nadat hy gister in ‘n padversperring op die N1 in hegtenis geneem is in verband met die besit van bykans ‘n R1-miljoen wat glo gesteelde geld is. Polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 47-jarige man was van Kaapstad op pad na Bloemfontein toe hy deur polisiebeamptes in samewerking met lede van die verkeersdepartement by Hillside voorgekeer is. Volgens Hlubi kon die man nie ‘n voldoende verduideliking gee oor die geld wat in sy besit was nie. Hy het ook nie ‘n voertuiglisensie gehad nie. 

Hlubi sê die man verskyn Maandag op ‘n aanklag van die besit van gesteelde geld. Die ondersoek duur voort.