Man en vrou met R12 miljoen se dwelms betrap

0
946
Wendy Nkabi rape incidents Bloemfontein

Die Valke het op ‘n dwelmfonds van meer as R12 miljoen op die N1 naby Verkeerdevlei afgekom.

Volgens Valke-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het die Valke 'n wenk gekry dat ‘n vragmotor met die dwelms vanaf Gauteng na die Oos-Kaap onderweg was.

“Ons het inligting van ons operateurs gekry dat ‘n wit vragmotor met die dwelms onderweg is vanaf Gauteng.”

Mulaudzi sê die vragmotor is toe omstreeks 19:00 naby die Verkeerdevlei-tolhek gestop, waar daar op R12 miljoen se Mandrax tablette beslag gelê is.

“Die tablette is in ‘n kompartement in die wit vragmotor gevind. Ons het 8 sakkies met 20 klein sakkies binne-in gevind. In elke sakkie was daar ongeveer 1000 tablette gewees,” sê Mulaudzi.

‘n Man en vrou is in hegtenis geneem en hulle sal môre in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

-Mark Steenbok