Man dood toe trekker oor hom rol

0
600

Vanderbijlpark. – ‘n Man is op Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek dood nadat ‘n trekker oor hom gerol het.

‘n Woordvoerder van ER24, Russel Meiring, sê die man was besig om sy grond naby ‘n uitgrawing om te ploeg toe die trekker gegly het. Dit het daarna by die afgrond afgeval en oor die man se bors gerol.

Meiring sê van die plaaswerkers het voertuie en toue gebruik om die trekker van die man af te trek. Hy het ernstige bors-en maagbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.