NUUSKANTOOR
‘n Standbeeld van oud-president Nelson Mandela is vanoggend op Naval Hill in Bloemfontein opgerig. Mangaung Metro Munisipaliteit woordvoerder, Qondile Khedama, het gister bevestig dat die standbeeld opgerig gaan word, maar sê dat dit eers vroeg in Desember onthul sal word. Die onthulling sal net betyds vir die ANC Verkiesingskonferensie wees. Tot dan sal die meters hoë Madiba bedek bly. Die standbeeld is na bewering deur ‘n kunstenaar van Kaapstad ontwerp en in Nelspruit gegiet. Bouers wat tans met die konstruksie op Naval Hill besig is het aan Courant gesê dat die standbeeld in brons gegiet is.

Foto: Verskaf
Foto: Maricelle Botha