Mac Kay vir heldedaad vereer

0
176
Len Douglas Mac Kay FOTO: MORGAN PIEK

Die 17-jarige Protea-lewensredder, Len Douglas Mac Kay, is dié week vereer deur Lewensredding Suid-Afrika vir sy dapper optrede in April vanjaar toe hy twee volwassenes se lewe gered het tydens ‘n besoek aan Umhlanga, Durban.

Mac Kay, wat onlangs vir die eeste keer sy nasionale kleure vir dié sportsoort verwerf het, het nie gehuiwer om die ure en jare wat in oefen gegaan het nie, te gebruik en die trekstroom (rip current) te trotseer om dié dapper daad uit te voer nie.

Mac Kay sal Sondag na Egipte vlieg waar hy aan die Afrika Lewensreddingskampioenskap in Alexandrië sal deelneem. Danksy fondsinsamelingsprojekte en ‘n klein bydra deur Lewensredding Vrystaat, kan Mac Kay aan dié kampioenskap deelneem. – MORGAN PIEK