E Copy

Date:

Maatskaplike werker vir kinderpornografie aangekla

DUANE PETRUS – ‘n Bloemfonteinse maatskaplike werker het in die stad se landdroshof verskyn op 10 aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders. Die 45-jarige man, ‘n werknemer van die departement maatskaplike ontwikkeling, word aangekla van die besit van kinderpornografie, die vervaardiging van kinderpornografie, seksuele aanranding asook verskeie ander seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede. Die man is gister gearresteer en vanoggend op borgtog van R1000 uitgelaat. Sy borgvoorwaardes sluit in dat hy onder meer nie kontak mag hê met die sewe minderjarige seuns en/of hul ouers of voogde nie. Die man moet weer op 13 November in die hof wees. Aangesien hy wel bekend is as maatskaplike werker, moet ‘n onafhanklike landdros gereël word om die verhoor te behartig.

Share post:

Popular

More like this
Related

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...