Maak gereed vir ‘n klassieke sangoptrede

0
253
Photo: Masterclass.com

Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n sangoptrede deur tenoor Charl Schabort en Heinrich Lategan, die dirigent van die Rhapsody Orchestra. “Ons gaan liedjies soos Streets of London, Some Enchanted Evening, Wien du Stadt Meine Traume, Granada en On the Road to Mandalay doen met klavierbegeleiding. Liedjies soos Ou Karooland en Al lê die berge nog so blou sal ook uitgevoer word,” sê Schabort.

Charl Schabort

Schabort het sanglesse by Hannah van Niekerk, Alida van der Walt en Violina Anguelov geneem waarna hy vertonings in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad aangebied het.

Heinrich Lategan is die musikale direkteur en dirigent van The Rhapsody Orchestra, ‘n gemeenskapsimfonieorkes wat in 2020 gestig is.

Heinrich Lategan

Kaartjies beloop teen R100 per person en is beskikbaar by Kiki Corner Langenhovenpark of Crazy Daisy in die Hyperama, Fleurdal.

Die sangoptrede vind op 24 Februarie om 19:00 in die Hugenoot Kerk in Bloemfontein plaas. Vir navrae en telefoniese besprekings kontak 0722715610.

 

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za