Maak gereed vir ’n Bloemen Lêka Bloemskou

0
469

Dit is weer tyd vir een van Bloem se hoogtepunte op die sosiale kalender, Bloemskou. Die skou lok elk jaar talle besoekers van reg oor die land en beloof om vanjaar weer alle verwagting te oortref. Reeds met die skou se bekendstelling gisteraand het gaste ’n voorsmakie gekry van watte wagte kan wees. Buiten die groot verskeidenheid aktiwiteite, wat wissel van landbou tot vermaak, is daar iets vir ‘n ieder en ‘n elk. Daar is vanjaar 19 provinsiale en nasionale landboukampioenskappe waaronder SA saalperde, Fries- en miniatuurperde, Merino, landskape, Meatmasters, Holsteins, Herefords en Sussex-beesrasse, met die Sussex- internasionale kongres wat ook aangebied word. Wat vermaak betref kan besoekers op die uitkyk wees vir groot name soos LCNVL, David Fourie, Nadine, Joe Niemand, Riana Nel, Theuns Jordaan, Jay, Dewald Wasserfal, Jakkie Louw, Mafikizolo en nog baie meer. Die skou begin amptelik more en duur tot 3 Mei.