Ma skuldig aan bloedskande

0
1535

Duane Petrus – ‘n Ma van Bloemfontein is vandag skuldig bevind in die hof nadat sy na bewering haar eie suen jare lank onsedelik aangerand en verkrag het. Die 51-jarige vrou van Dan Pienaar het skuld op aanklagte van onsedelike aanranding, verkragting en bloedskande erken. Die staat beweer dat die vrou haar seun vanaf die ouderdom van sewe onsedelik begin betas het en tot die ouderdom van 17 in hul huis verkrag het. Die vrou se man het haar tydens die hofverskyning bygestaan. Sy is deur adv. Themba Diba verteenwoordig. Streeklanddros Jan Greyvenstein sal die vrou môre vonnis.