Ma en dogter doen Midmar saam

0
415
Monet Meyer (links) en haar ma, Lelanie

Om jou ma, ‘n topswemmer op haar dag, langs jou in die water te hê, sal enige skoolmeisie gemoedsrus vir die Midmarmyl gee. Monet Meyer (gr. 10) van C&N Sekondêre Meisieskool Oranje het Sondag vir ‘n derde keer die myl saam met haar ma, Lelanie, voltooi.

Hul tyd was 40:52. Dit was Lelanie se tiende Midmar-swemtog wat sy voltooi het. Sy het ‘n paar keer vantevore op ‘n Saterdag geswem en dan weer op die Sondag ‘n skoolmeisie vergesel, soos die geval met Cara Smook (gr. 10) in 2016. Lelanie, wat destyds deur Oranje se nuwe afrigter, Simon Gray, gebrei is, het in die fleur van haar swemloopbaan vir die senior nasionale kampioenskap gekwalifiseer en was op ‘n kol vierde in haar ouderdomsgroep in die 200m-borsslag.

Volgens Monet was dit gerusstellend om haar ma naby te hê.