LUR Zwane loof Grainfield

0
966

Owen Kock

Bloemfontein. – Tydens die amptelike opening van Grainfield Chicken Abattoir in Reitz Vrydag, het die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Msebenzi Zwane die bestuur van Grainfield geloof vir die projek wat werk aan nagenoeg 600 mense verskaf.

Hy was veral beindruk met die 90% vroue wat in diens van die abattoir is en oorweeg dit nou selfs om te kyk hoe sy departement betrokke van die projek kan raak.

"Ons het die geld, ons moet vergader en kyk hoe ons betrokke kan raak, want wat hier gebeur is baie goed nie net vir besigheid nie, maar vir die genmeemskap," het Zwane tydens die opening bygevoeg.

Hy was saam met die LUR Maatskaplike Ontwikkeling, Sisi Ntombela, van die hoog geplaasdes by die opeing in Reitz, en kon nie uitgepraat raak oor die werk wat Grainfield en veral VKB doen om werk aan die gemeenskap en omliggende gebied te verskaf nie.

Die projek het reeds in 2010 begin en na al die bouwerk afgehandel is, is daar in Julie verlede jaar met produksie begin, en die vleis is reeds op die winkelrakke beskikbaar.

Van die plaas tot op jou bord, dit is wat  wat Grainfield doen, en dit met hoenders wat plaaslik gegroei word.

Die volledige Grainfield storie verskyn in die eerste uitgawe van Agri Eco.