LUR tevrede met NK se #Covid19-plan

0
958

Die LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwene, is tevrede met die Namakwa-distrik se gesondheidsorgplan om verdere Covid-19-infeksies in gemeenskappe wat as potensiële brandpunte geïdentifiseer is, in te perk.

OFM Nuus gee verslag dat Lekwene het die distriks- en plaaslike munisipaliteite, insluitend ander belangrike rolspelers, bedank vir hul verbintenis tot die bestuur van Covid-19 in Namakwa wat daartoe gelei het dat hulle broodnodige hulpbronne ingespan het om die aantal plaaslike gevalle te verlaag.

Lekwene het opgemerk dat alhoewel daar dalk tekortkominge by gesondheidsorg in die Namakwa-distrik is, alle gesondheidsinstellings tans genoeg voorraad suurstof het. Hy sal ook die administrasie van die suurstofprojek noukeurig monitor om die beskikbare reserwes van suurstofbronne dringend te verhoog.

Die LUR het ook opgemerk dat die aantal beskikbare beddens meer as by ander gesondheidsorginstansies is. Lekwene sê ses ambulanse en 11 kliniese uitreik-bakkies het ‘n positiewe impak gehad op die lewering van gesondheidsdienste aan gemeenskappe. Die LUR het ook kennis geneem van die toekenning van nuwe mediese toerusting wat aan hospitale en ander gesondheidsinstellings in die Namakwa-distrik gelewer word, in ‘n gesamentlike poging om kliniese personeel te ondersteun.

Die vulling van 56 kliniese poste, wat bestaan uit dokters, verpleegsters en verwante gesondheidsorgpersoneel, het aan baie fasiliteite in die Namakwa-distrik ‘n mate van verligting gebring. Dit maak deel uit van die 424 kliniese poste wat laat verlede jaar aangekondig was.

Lekwene het hom daartoe verbind om die inisiatiewe in die Namakwa-distrik voortdurend te monitor en te ondersteun en ook om toesigbesoeke aan ander distrikte in die provinsie te hou.

OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete