Georg van Eck
Met die top o.17 sokkerspanne van die Vrystaat die komende naweek op Windmillpark by Grey Kollege in Bloemfontein in aksie kan uithalerspel en sterk mededinging in die agtste jaarlikse Engen Uitdaagtoernooi verwag word.
Die loting vir die eerste drie rondtes van rondomtalie-wedstryde verseker dat van die gunstelinge vroeg taai teenstand kry. Harmonie Akademie, wat nie verlede jaar deelgeneem het nie, is die grootste gevaar vir die ander spanne. Harmonie is egter in ’n baie sterk groep en kom teen Botshabelo Stars, Celtic en James te staan. Duie span van Virginia sal dus moet uithaal om na die kwarteindrondte deur te dring.
Dieselfde geld nog ’n gunsteling, HTS Louis Botha, wat in die rondomtalie-wedstryde sake in Groep B teen Junior Arizona, Mata en Tikwana moet uitspook.
Die verdedigende kampioen, Grey speel in Groep C teen Lekhulong, Hodisa en Thabo Vuyo.
In Groep D is dit net so moeilik om ’n wenner te voorspel en alles dui daarop dat goeie sokker aan die orde van die dag wees.
Die groepe:
A-groep: Botshabelo Stars, Celtic SK, Harmonie Akademie, James SK.
B-groep: Junior Arizona SK, Mata SK, Tikwane, HTS Louis Botha.
C-groep: Lekhulong, Hodisa, Thabo Vuyo, Grey Kollege.
D-groep: Red Sea SK, Mangaung Sentrum, Brebner, Bloem Stars SK.
Die loting vir die rondomtalie-wedstryde in die vier groepe is:
Eerste rondte.
Vrydag, 08:30: Veld 1: Botshabelo Stars t Celtic; Veld 2: Mata t Junior Arizona; Veld 3: Harmonie t James; Veld 4: Tikwana t HTSLB.
09:40: Veld 1: Lekhulong t Hodisa; Veld 2: Red Sea t Mangaung; Veld 3: Thabo Vuyo t Grey Kollege; Veld 4: Brebner v Bfn. Stars.
Tweede rondte.
Vrydag, 10:50: Veld 1: Botshabelo Stars t Harmonie; Veld 2: Junior Arizona t Tikwana; Veld 3: Celtic t James; Veld 4: Mata t HTSLB.
14:00: Veld 1 Hodisa t Grey Kollege; Veld 2: Manguang t Bloem Stars; Veld 3: Lekhulomg t Thabo Vuyo; Red Sea t Brebner.
Derde rondte
Vrydag 15:10: Veld 1: Mata t Tikwana; Veld 2: Celtic t Harmonie; Veld 3: Lekhulong t Grey Kollege; Veld 4: Manguang t Brebner.
Die kwarteindronde wedstryde begin Saterdag om 10:15 en die uitspeelwedstryde vind die res van Saterdag en Sondag plaas.
Die eindstryd begin om 14:00 en die prysuitdeling is om 15:15.