Loer in by Sand du Plessis se Entrepreneursdag

0
383

Hoërskool Sand du Plessis se jaarlikse Entrepreneursdag vind op Vrydag 4 Maart plaas en Bloemfonteiners word uitgenooi om die dag saam met die skool te kom geniet.

‘n Verskeidenheid verversings en lekkernye sal te koop aangebied word en daar sal ook ‘n teetuin wees. Die tema vir vanjaar is “Moving forward”. Die doel is om leerders te motiveer om kreatiwiteit aan die dag te lê en ‘n positiewe benadering te kweek teenoor die Suid-Afrikaanse besigheidsomgewing asook om geleenthede, wat kan lei tot welvaartskepping, te identifiseer.

Volgens Conray Flynn is die projek reeds 21 jaar oud. Leerders van alle ouderdomme se entoesiasme en oorspronklikheid is jaarliks ‘n uitstaande kenmerk van die Entrepreneursdag. Die skool glo dat geleenthede van die aard die beginpunt is vir toekomstige suksesvolle besigheidslui.

Onafhanklike beoordeelaars vanuit die sakegemeenskap sal volgens voorafbepaalde kriteria leerders se aanbiedinge evalueer en wenners aanwys. Deelnemers sal ook raad ontvang.
Dit Entrepreneursdag vind plaas by Hoërskool Sand du Plessis vanaf 08:00 tot 12:00. Toegang vir nie-uitstallers en besoekers is gratis.

Vir navrae: Hoërskool Sand du Plessis op 051 522 4071, of Conray Flynn op 072 853 5955, of stuur ‘n e-pos aan marli@sannies.co.za.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za