Loané van Sandwyk berus in wat is

0
428
Loané van Sandwyk

Loané van Sandwyk is vanjaar terug met ‘n splinternuwe vertoning, Berus in wat is, na die sukses van haar vorige eenmanvertonings, Dis nie ek nie, dis jy en Die Hammers. Die vertoning is iets nuuts en bevat komedie sowel as iets op ernstiger noot.

Van Sandwyk gaan sing en stories vertel oor haar lewe en ervarings. “Van die liedjies wat ek gaan sing, is op my eerste album, Knoffelbroodjie wat ek in 2018 uitgereik het en dan is daar natuurlik ook ‘n paar vars snitte,” het sy vertel. “Sommige is komiese liedjies waarvan party deur ‘n karakater gesing word en dan is daar ook dieper geestelike liedjies. Dis mos maar hoe die lewe is, komies en ook diep.”

Die vertoning vind op 2 Maart om 19:00 by die Dante Deo Gastehuis plaas. Kaartjies kos R40 vir skoliere en R60 vir volwassenes. Besprekings kan gedoen word by solankmensnetkanlag@gmail.com of kan die aand by die deur gekoop word.
Gaste moet hul eie stoele of komberse bring en kan ‘n piekniekmandjie pak vir ietsie te peusel of te drinke.

Daar sal ook van Van Sandwyk se CD’s beskikbaar wees teen R100.

Indien dit reën, sal die vertoning steeds voortgaan en binne-in die gastehuis gehou word. Vir enige navrae, skakel gerus 083-449-9276. – Jeretha Oosthuizen jeretha@mahareng.co.za