E Copy

Date:

Liewe Heksie se ‘ma’ sterf

Verna Vels, skepper van die TV-karakter Liewe Heksie, is in die ouderdom van 81 jaar dood, berig RSG.

Sy is stil in haar slaap by haar huis in Johannesburg oorlede. Sy was die afgelope tyd siek aan kanker.

Sy het in Junie vanjaar haar 81ste verjaardag gevier.

Die eerste Liewe Heksie-reeks is in 1963 op die Afrikaanse Radiodiens uitgesaai, al het Vels reeds in 1961 stories oor Blommie Kabouter vir die kinderprogram Siembamba geskryf.

Altesaam 52 TV-episodes is opgeneem en talle boeke en verhoogproduksies is oor vyf dekades heen geskryf.

Voor haar 80ste verjaardag in 2013 het sy aan Pauli van Wyk van Beeld gesê sy en Heksie “hou heelweek partytjie” in haar huis in Brixton, Johannesburg.

“Die heel eerste Liewe Heksie-storie het juis gegaan oor haar verjaardag.”

Vels was die eerste vrou wat as programdirekteur vir die SAUK se TV1 aangestel is en het in 1993 afgetree ná 39 jaar in radio en televisie.

Sy was ook ’n voorste regisseur en het ná haar aftrede steeds gewerk en was tot onlangs betrokke by die bekende sepie 7de Laan.

– Netwerk24

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...