Liefde is ‘n doen-woord

0
2563

Liefde is ‘n gevoelswoord, maar ook ‘n doen-woord. So word die liefde beskryf. Dit is mos nie sonder rede dat ek en jy Valentynsdag gevier het nie.
Die datum 14 Februarie het vir ons almal besondere betekenis. Vir sommige is dit seer herinneringe, vir ander weer die mooi van harte en sjokolade. Prediker 4 vers 9-12 ken die woorde “Twee vaar beter as een!” So spesiaal! Dit is dieselfde woorde wat ons in Genesis 2:18-14 kry.
Dit beskryf die liefde tussen twee mense –’n nuut dink, nuut bou en mekaar respekteer. Dit is om mekaar te help in die weerloosheid van die liefde, mekaar vandag vas te hou en op te bou en mekaar te beskerm.
Dit is meer as sjokolade en mooi wense – dit is die tye wat ons mekaar dra en koester. Dit is die arm op die skouer en die drukkie in die seer van die lewe! Dit is om die Here in mekaar se lewe raak te sien en sommer net vir mekaar lief te wees!
Dit is die uitdaging vir ‘n jaar wat voorlê!

DS STEPHAN VAN HEERDEN