LHP kry nuwe Parkrun by Inibos

0
LHP kry nuwe Parkrun by Inibos

Die Parkrun by Inibos in Langenhovenpark het die afgelope naweek opgewonde gesigte gesien toe die nuwe 5km-roete daar afgeskop het.

Volgens die Parkrun-ambassadeur in Bloemfontein, Diane Vosloo, het hul Inibos gekies omdat dit naby die oorspronklike roete geleë is en omdat hulle steeds ‘n parkrun in Langenhovenpark wou hou.

Suid-Afrika het in Maart 2020 met inperking begin en sedertdien het wat bekend was as die Langenhoven Parkrun toegemaak en kon dit nie weer hervat word nie as gevolg van veranderinge wat plaasgevind het op die roete wat voorheen gebruik is.

Vosloo het verduidelik dat Inibos ‘n pragtige 5km roete is waar mense tussen ‘n pragtige ou bome kan stap of draf.

Sy het verder gesê dat die nuwe roete by Inibos het al die geriewe wat nodig is, asook ‘n koffiewinkel wat mense kan besoek nadat hulle die Parkrun voltooi het. “Dit het ‘n lieflike buitelug, rustige en verwelkomende atmosfeer. Hier kan vriende bymekaar kom vir ‘n koffie na ‘n hardloopsessie en om op te vang oor die week se gebeure.”

Vosloo het bygevoeg dat die nuwe Parkrun nie ‘n werklikheid sou geword het nie sonder vrywilligers wat hul tyd opgeoffer het om die nuwe roete ‘n werklikheid te maak nie.

Die span is egter opsoek na nog vrywilligers wat op Saterdae kan uithelp. Mense wat belangstel om deel van die span te word kan ‘n epos stuur aan Diane.vosloo@outlook.com.

Sazly Moses

sazly@mahareng.co.za

No posts to display