E Copy

Date:

Lewens red: ‘n Verdienstelike Nuwejaarsvoorneme

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels die opoffering van iets. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed. Bloedskenking red lewens. Dit is ‘n maklike voorneme om te maak en by te hou.
Elke skenking neem ongeveer ‘n uur en kan tot drie mense se lewens help red. Die skenkingsproses is eenvoudig: jy sal ‘n vraelys voltooi rakende jou gesondheid en leefstyl; jou bloeddruk word geneem en ‘n druppel van jou bloed om seker te maak jy is nie anemies nie en dat dit veilig is om te skenk. ‘n Gekwalifiseerde suster sal ‘n kort onderhoud met jou voer en as alles in orde is, kan jy bloed skenk. Alle naalde en toerusting word slegs een maal gebruik en dan vernietig. Ná jou skenking geniet jy koekies en koeldrank.
Daar moet elke dag 3000 eenhede bloed ingesamel word om aan hospitale in Suid-Afrika te verskaf. Die behoefte aan bloed is deurlopend – daar vind elke 35 sekondes ‘n bloedoortapping in Suid-Afrika plaas.
“Daar is baie mense wat nog nooit bloed geskenk het nie, of lank gelede geskenk het, en ons vra dat hulle gereelde bloedskenking deel van hul lewens maak. Moenie dat die lewe in die pad van LEWE staan nie," sê Irene van Schalkwyk, bemarkingskonsultant by SANBS.
Om ’n bloedskenker te wees, moet jy"
• Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees
• Meer as 50kg weeg
• ’n Veilige seksuele leefstyl lei
• Gesond wees op die dag van jou skenking
• ‘n Maaltyd genuttig het voordat jy bloed skenk.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...