Lewende Woord Bfn vier 7 jaar en amptelike opening

0
712
Dr. Ed Delph voor die nuwe fasiliteit van die Lewende Woord Bfn Foto: Pierce van Heerden

Die Lewende Woord Bloemfontein het ‘n besige en opwindende naweek gehad. Nie net was dit die viering van die kerk se sewende bestaansjaar nie, maar het hulle ook ‘n nuwe, groot fasiliteit geopen met onder meer ‘n sake-ontbyt, ‘n internasionale spreker en nog meer. Die sakeontbyt is op Saterdag 26 Oktober aangebied by die nuwe fasiliteit in Langenhovenpark (oorkant Pretty Gardens).

Dr. Ed Delph
Foto: Pierce van Heerden

Dr Ed Delph, internasionale gasspreker, skrywer en president van Nasionale Strategie, het in ‘n eksklusiewe onderhoud aan Bloemfontein Courant gesê hulle (die kerk) is hier vir die stad en wil dit ‘n beter plek maak. “Ons is hier om die stad te help groei, so as ons almal saamstaan en saamwerk, sal dit die gemeenskap ‘n beter plek maak, en as ons Bloemfontein groei, dan groei ons die kerk.”

Die kerk het die afgelope naweek presies sewe jaar gelede op 28 Oktober 2012 hul eerste tent in Langenhovenpark geopen en op 27 Oktober 2019 (Sondag) was dit presies sewe jaar later dat hulle die nuwe geriewe geopen het.

Volgens visioenêre leier van Lewende woord Bfn, Neville Goodchild, word hulle nuwe fasiliteit “Petra”, wat rots beteken, genoem. “Ons het ongeveer 750 sitplekke by ons nuwe fasiliteit, en die gedagte is dat ons oor die volgende sewe jaar die regte bydrae tot die gemeenskap van Bloemfontein gaan maak,” het Goodchild gesê.

Die ontbyt, getiteld “Made for Mondays”, het sake-eienaars van reg oor die stad in hul getalle laat vergader om te luister na dr. Delph wat van Phoenix, Arizona, is. Volgens Goodchild beplan die kerk om die terrein te ontwikkel en het hulle reeds begin met die bou van ‘n koffiewinkel.

PIERCE VAN HEERDEN

pierce@mahareng.co.za