Lettie Fouché bring skole byeen met Outisme-pretstap

0
Lettie Fouché bring skole byeen met Outisme-pretstap
Die Gr. 7-leerders van President Brand Primêr het ook aan Lettie Fouché se Outisme-pretstap deelgeneem.

Die Lettie Fouché skool het op 22 April sy jaarlikse Outisme-pretstap aangebied.
Gr. 7-leerders van Willem Postma, President Brand, Sand du Plessis Primêre Skool en Bloemfontein Laerskool het onder andere deelgeneem.
Die tema hierdie jaar was “Light It Up Blue For Autism”.
Met ‘n vol program wat vlot verloop het en die Gumboots- en kindertuindansers as vermaak, het die kinders alles baie geniet. Die betrokke skole moes elk ‘n banier maak om outisme uit te beeld.
Santjie Vermaas en Corina Botha van die Vrystaatse Departement van Onderwys, asook dr. Griessel, pediater en ondervoorsitter van Outisme SA, het as beoordelaars opgetree.
Elke skool het regtig baie moeite gedoen met die projek. Lettie Fouché wil graag almal hartlik bedank vir hul harde werk. Die skool wens ook President Brand Skool geluk met hul wenbanier met die leuse ‘Al haak ek vas, my puzzle pas!’ Dit was wonderlik om die geesdrif onder die leerders te ervaar en ‘n groot voorreg om hoofstroomleerders se betrokkenheid by outisme en outistiese leerders waar te neem.
Dit was verder verblydend om die verdraagsaamheid en liefde tussen die leerders waar te neem, beide tussen die hoofstroomleerders en die leerders van Lettie Fouché en Pholoho.
Onbewustelik is daar respek en dankbaarheid onder al die leerders gekweek en dit was die waardevolste uitkoms van die dag.

No posts to display