Letlabika vol lof vir bestuurspan

0
248
Die Bafana Bafana- en Bloemfontein Cetlic-verdediger was vol lof vir die bestuurspan van Phunya Sele Sele na hulle ongelooflike 3-1 oorwinning teen Kaizer Chiefs in die PSL. FOTO: MORGAN PIEK

Die Bloemfontein Celtic-verdediger, Wandisile Letlabika, het die afrigtingspan erkenning gegee vir hul groot sege van 3-1 oor Kaizer Chiefs in die Premier Sokkerliga verlede week.
Letlabika, wat byna ‘n Xabi Alonso-styl-doel van 60 meter ver aangeteken het, was soos gewoonlik rotsvas in die verdediging en dit het ‘n groot verskil aan die Phunya Sele Sele se spel gemaak.

Die oorwinning deur Celtic het die liga wyd oopgegooi en die Amakhosi groot hoofpyn besorg.

Letlabika het aan Bloemfontein Courant gesê dat die afrigtingspersoneel onder leiding van John Maduka ‘n groot verskil gemaak het en hulle verdien die krediet vir die oorwinning.
“Jy weet, wanneer jy teen jou voormalige afrigter speel, is dit nie ‘n maklike ding nie,” het die ster-verdediger gesê.

“Vir ons as ‘n span is dit ons doel om geen punte af te staan nie. Ons is nog steeds op die punt om ook gereligeer te word, so ons doel was om net aan te hou druk en in plaas daarvan om ‘n punt af te staan, eerder met punte vorendag te kom.

“Die wedstryd teen Chiefs het ons die hupstoot gegee wat ons nodig gehad het, want ons het geweet dat as hulle ons klop, so hulle die liga sou wen.

“Ons oefensessies en ook die afrigters het ons baie gehelp om as ‘n span en om as ‘n eenheid te speel, en dit is goed.

“Jy weet, wanneer jy teen die reuse soos Pirates, Sundowns en Chiefs speel, het jy altyd daardie motivering.

“Ons doel was om net daarheen te gaan en ons stempel af te druk. Elke speler in die span het na die beste van hul vermoë gespeel en hulle het puik werk gedoen.

“Ons afrigters speel ‘n baie groot rol. Ek sal die afrigters hiervoor krediet gee. Ek dink persoonlik dat hulle ‘n goeie werk gedoen het. Die mense soos John Maduka, Simon Gopane en Ditheko Mototo het almal wonderlike werk gedoen.”

Intussen het Cetlic Maandag met 2-2 gelykop gespeel teen AmaZulu, maar kom Donderdag voor ‘n groot uitdaging te staan wanneer hulle op die Tuks-stadion in Pretoria teen Wits speel. – MORGAN PIEK