Lesers se verwagtinge van 2021

0
542
Marni Malan

Met een van die taaiste jare in mensegeskiedenis agter die rug, beskou baie mense dit nie net as ‘n moeilike jaar vir hulle nie, maar selfs as dié moeilikste in hul lewe – op persoonlike, professionele, geestelike en fisieke vlak. Bloemfontein Courant het ‘n paar lesers gevra wat hule verwagtinge van die jaar is, of hulle dink daar is hoop, en hoe hulle beplan om die jaar, wat reeds dui op verdere probleme, ingaan.

Peter John Jansen, Mnr. sentraal-Suid-Afrika, het aan Bloemfontein Courant gesê dat 2021 vir hom ‘n jaar van groei sal wees en dat hy aan ‘n paar persoonlike dinge sal werk. “Ek voel dat sosiale media vir die meeste van ons hierdie jaar die grootste uitdaging sal wees,” het hy gesê.

Peter John Jansen

Jansen het bygevoeg dat die media sal bepaal wat ons sien en hoe ons reageer. Volgens hom moet almal probeer veilig wees en ander respekteer deur tuis te bly. Hy voel dit sal help om mense se werk en lewens te red.

Arthur Browne, besturende direkteur van V-models, sê sy verwagtinge vir 2021 is om die jeug te help om voort te bou en hulle te inspireer en te motiveer om as aspirantmodelle hul drome en doelwitte vir 2021 te bereik en voort te gaan om innoverend te beplan en te groei binne die model- en modebedryf sodat hulle as markleiers in die Vrystaat kan uitstaan. Hy sê verlede jaar was moeilik, maar hy wil verandering bring deur modelle te ontwikkel sodat hulle aan internasionale standaarde voldoen en in die toekoms titelhouers vir 2021 kan wees. “Ek is van plan om elke dag voluit te leef en te sien hoe ons die Covid-19-pandemie ‘verslaan’.”

Arthur Browne

Marni Malan, ‘n haarkapper, het gesê die inperking het haar as ‘n stilis laat besef dat dit belangrik is om stelsels in plek te hê om jouself te dra in tye wanneer jy nie kan werk nie. “Daarom verwag ek dat mense in 2021’n meer natuurlike lewenswyse sal volg. Ek glo ek ook dat haarmodes meer natuurlike, lae onderhoud style sal wees.”

Marni Malan

Hoewel die pandemie nie verby is nie, is 2021 vir baie mense nie té onseker nie, aangesien hulle beter ingestel is op wat om te verwag en meer gereed voel om die jaar posititief aan te pak.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za