Lentekonsert by Berg-en-Dal

0
661

Finalis vir me. Dowe SA, Elrie du Toit (fluit) oefen saam met Frikkie Schoombie (tjello) vir die Lentekonsert wat hierdie Saterdagaand, 20 September om 18:00 in die Berg-en-Dal -Kerksaal aangebied word om fondse in te samel vir die bewusmaking van dowes en persone met gehoorverlies. Alhoewel Elrie net 25% gehoor het, kom sy daagliks haar gestremdheid te bowe. Sy het o.a. jare in die Bloemfonteinse Kinderkoor gesing, en verder ontwikkel in ‘n bekwame fluitspeler, wat ook fluitklasse gee.
Die Lentekonsert is ‘n viering van die lente met bekende musici soos Anton Esterhuyse, Alyssa Bouwer en Belinda van Zwijndrecht, sowel as Frikkie Schoombie en dan natuurlik Elrie wat self deelneem.
Kaartjies kos slegs R40 pp en kan by Elrie verkry word deur te skakel of te sms na 083 275 4815 of ‘n e-pos te stuur na elriedutoit@hotmail.co.za.
Daar sal ook versnaperings te koop wees by die konsert.