Lees steeds belangrik vir skole

0
381
FOTO: Kinderboekskrywers Cecila Steyn en Marga Jonker, wat Bloemfonteinse leerders uitgedaag het om eendag skrywers te word. FOTO: SAZLY HARTZENBERG

Verlede maand is skole in Bloemfontein, onder meer Martie du Plessis, Universtias Primêr, Sand du Plessis en die Laerskool Bloemfontein, bederf met ‘n besoek van twee kinderboekskrywers, Cecila Steyn en Marga Jonker.

Die twee skrywers het leerders geïnspireer deur te vertel hoe hulle self begin skryf het. Hulle het die hoop uitgespreek dat leerders meer sal lees en ook dalk self sal skryf.

Albei skrywers het tans ‘n nuwe boek wat onlangs die op die rakke van boekwinkels beland het.  In ‘n saal vol opgewonde leerders by Universitas Primêr het Cecila Steyn van Klerksdorp, verduidelik dat sy ‘n nuwe boek in haar reeks het wat gaan oor tweelingsussies wat na ‘n somerskool gaan, maar een van hul wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal.

Marga Jonker van die Wes-Kaap, se boek gaan oor ‘n dogterjie, Maya, en haar familie wat Bloemfontein toe trek nadat haar ma ‘n huis geërf het. Intussen is daar baie stories wat die dorp vol lê oor haar vreemde tante en haar onkonvensionele maniere, en kort voor lank lyk dit of dinge buite beheer kan raak. Die boeke is beskikbaar by enige boekwinkel.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za