Leerlinge ongelukkig oor langer skoolure

0
2087

ALZANE NARRAIN

Talle leerlinge is ongelukkig oor die langer skoolure wat baie skole volgende jaar reeds raak.

Dit kom nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, aangekondig het dat die aanbied van ‘n derde Afrika-taal volgende jaar vir talle leerlinge tussen graad 3 en 12 as verpligte vak ingestel gaan word.

In hierdie stadium is dit ‘n loodsprojek waarby sowat 15 000 skole in die land betrokke is.

“Skole begin reeds so vroeg en kom nou al laat uit en as ons ‘n uur langer gehou word, waar gaan ek tyd kry vir naskoolse aktiwiteite?,” wil ‘n graad 11- leerling aan Grey-kollege weet.

Ander leerlinge deel ook sy sentimente. ? Graad 10-meisie van Eunice sê meeste graad 10-, 11- en 12-leerlinge voel dat hulle amper klaar met skool is en weet nie hoekom hulle daaronder moet ly nie. Hulle het al klaar hulle vakkeuse gemaak en wil weet waarom hulle nou benadeel word.

? Leerling van Heidedal is ook ongelukkig omdat sy skooldae langer as 6 ure is en dit nou sal beteken hy eers na drie smiddae by die huis sal wees en minder tyd sal hê vir huiswerk.

Skoolure sal moontlik volgende jaar met tussen 24 minute tot ‘n uur verleng.