E Copy

Date:

Leerling wil Bybel aan elkeen in skool gee

Owen Kock

Hy is net 16 jaar oud en word sekerlik deur baie gesien as ‘n engel-kind. Daarby sit sy hart op die regte plek.

Dit, liewe leser, is die enigste manier hoe om Louis van Schalkwyk, ‘n graad 11-leerling aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein te beskryf. Hy wil vir elke leerling in sy skool ‘n Bybel gee. Dit is sy missie om 1 200 Afrikaanse en 1 200 Engelse Bybels te koop en uit te deel.

Sy ma, Tertia, is baie trots op hierdie kind van haar. "Waar het jy gehoor van ‘n 16-jarige kind wat ‘n Bybel aan ‘n ander kind gee? Hy is baie gelowig en ek glo hy gaan sy doelwit bereik," het sy aan Courant gesê.

Sy vertel haar seun het by die Bybelgenootskap om hulp gaan aanklop en hulle het goedgunstiglik vir hom Bybels teen R35 elk aangebied. Dit is nou sy taak om binne ‘n maand R84 000 elektronies oor te betaal om die Bybels te kan koop.

Hy het binne die eerste twee dae reeds meer as R2 000 ingesamel en hy is vol hoop om in ‘n maand se tyd sy doelwit te bereik.
"Dit was nog altyd my passie om die Here te dien. Daarom gaan ek na skool Bybelskool toe. Ek wil nie soseer ‘n predikant word nie, maar ek wil vir die Here werk," het die beskeie Van Schalkwyk aan Courant gesê.

"Dit was nog altyd my droom om vir my skool Bybels te koop. Ek wil eintlik maar net die Woord versprei. Dit het oorspronklik by die skool, waar ek betrokke is as geestelike leier, begin. Ek is verder geïnspireer deur die begeerte om vir elkeen ‘n Bybel te gee en nou het ek die perfekte geleentheid om dit te kan doen.

"Ek het navorsing oor alles gaan doen en uitgevind wat dit my sal kos. Ek het mense genader en dit is waar die idee verder ontwikkel het," het hy bygevoeg.

In die stadium wil hy net sy skoolloopbaan voltooi voordat sy lewe eintlik in alle werklikheid sal begin, stel hy dit. Hy laat ook val dat hy groot planne het, waarvan die grootste is om vir die Here te werk.

Diegene wat die jong Van Schalkwyk wil help, kan met hom in verbinding tree by 079-692-5377. Sy e-posadres is: loelietjie@gmail.com.

Share post:

Popular

More like this
Related

FS teachers won’t lose medical benefits

Following days of uncertainty, the Free State Department of...

Surviving the VAT increase

During the Budget Speech last week, Minister of Finance...

Geraasbesoedeling in Universitas: Inwoners kla oor nagklubs in Willows

Inwoners van Universitas het hul stem dik begin maak...

11-jarige voltooi Kaapstad Fietsrytoer saam met oupa

Die 2025 Kaapstad Fietsrytoer se jongste deelnemer, die 11-jarige...