Onderwysers in Suid-Afrika is daagliks slagoffers van afknouery by skole. Dit luidens ‘n studie deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) se fakulteit vir opvoedkunde.
Dié studie, die eerste van sy soort wat onlangs in die Die Joernaal vir Transdissiplinêre Navorsing in Suider-Afrika gepubliseer is , is deur prof. Corene de Wet, ‘n navorser aan die UV se Skool vir Oopleer en dr. Lynette Jacobs, ‘n dosent aan die Skool vir Opvoedkunde-studie, uitgevoer.
Meer as 2 700 onderwysers van agt provinsies oor die land heen in stedelike, township-, informele nedersettings-, plattelandse en plaasskole, is in die studie gevra om ‘n opname te voltooi wat uit 43 vrae bestaan.
Die studie toon bykans 90% van die respondente was in die 12 maande wat die studie geduur het slagoffers van afknouery in die werkplek deur skool-kollegas en bestuurslede. Dit sluit in regstreekse vermyding, onwaarhede wat oor hulle kwytgeraak word, verbale mishandeling, dreigemente en bespotting, beledigings en koggelary, beskadiging van eiendom, sowel as fisieke geweld.
De Wet, sê hoewel etlike studies gedoen is om die frekwensie van afknouery in die werkplek in ander hoërisiko-beroepe in Suid-Afrika te bepaal, is die studie die eerste van sy soort wat fokus op die take van onderwysers in Suid-Afrika. “Navorsing oor knoeiery in beroepe het onderwys geïdentifiseer as ‘n hoërisiko-beroep, en tog is daar ‘n gebrek aan navorsing oor knoeiery onder onderwysers. Die doel van hierdie studie was om ‘n bydrae te maak tot die beperkte kennis oor die voorkoms van knoeiery in die konteks van ‘n internasionale en Suid-Afrikaanse skoolstelsel.”
In die studie het 83% van die respondente slagoffers van gedrag wat professionele status ondermyn. Altesaam 80,8% is geraak deur gedrag wat afsondering tot gevolg het en 66,3% is deur ‘n persoon ondermyn. Altesaam 38,2% van die respondente is deur regstreekse negatiewe gedrag geraak.
Volgens Jacobs, blyk dit dat knoeierey in die werkplek ‘n baie ernstige probleem in sommige Suid-Afrikaanse skole is teenoor knoeierey in Kroasië, Litaue, Turkye, Noorweë en die Verenigde Koninkryk. “Suid-Afrikaanse onderwysers werk in toksiese omgewings wat gekenmerk word deur ontevrede, oorwerkte en oorspanne onderwysers." Sy sê daar is dikwels hoë vlakke van leerder-teen-leerder en leerder-teen-opvoeder geweld en afknouery, gemeenskappe waar morele verval hoogty vier, rassekonflik, geweld, wetteloosheid en ekonomiese vertwyfeling. In skole waar daar wanhoop en oneerbiedigheid heers, val onderwysers mekaar dikwels aan.