Leerders van die Hoërskool Jim Fouché presteer

0
8371
Die Hoërskool Jim Fouché se fietsryers het uitstekend gevaar tydens hul laaste Tydtoets- en Vrystaat-padfietskampioenskap. Die span is van links: Kyla Buys (2de in tydtoets en 1ste in die padwedren), Ben Brits (1ste in tydtoets en 2de in die padwedren), Cherize Bezuidenhout (1ste in die tydtoets), Raymond Prinsloo (2de in die tydtoets en 1ste in die padwedren) en Simoné Färber (1ste in die tydtoets en 1ste in die padwedren).
Die eerste 2016/2017-krieketspan van die Hoërskool Jim Fouché het onlangs sy 15de wedstryd gespeel en het 11 keer as oorwinnaar uit die stryd getree. Dit is ‘n wenpersentasie van 73%. Die span het die Sentraal-T20-toernooi gewen waartydens met Sentraal, Fichardtpark en Diamantveld afgereken is. Die span het ook onlangs vir Grey-kollege die eerste keer in 13 jaar in die liga geklop. Hulle het ook net een van hul ligawedstryde verloor. Die span is van links voor: Jaco van den Heever, Jeandré Strauss, Delano Williams, Dawid Redelinghuys, Vano Edem, Hanro Taylor; agter: Jason Forshaw, Franco Pretorius, AD Pretorius, Kyle van Aswegen en Hendri Truter.