Leerders blink uit in SA Wiskundekompetisie

0
553
In die Junior A-span is agter van links: Ziruo Wang, Hannes van Biljon, Christian Strydom, Jana Rossouw, Elke du Plessis, Hester Steyn en Andries van der Walt; Voor van links is Wian Bekker, Elsie Schoombie en Cara Stevens.

Die jaarlikse SA Wiskunde-spankompetisie het hierdie jaar vir die eerste keer aanlyn plaasgevind.

Die wiskundekompetisie is ‘n geleentheid vir provinsiale spanne wat Olimpiade-tipe wiskundeprobleme oplos – dit kan gesien word as gelykstaande aan provinsiale sportspanne wat teen mekaar meeding.

In die Senior A-span is agter van links: Yi-Xuan Wu, Hannes van Biljon, Feng-Mei Chuang, Mahike Kilian, Ricardo Branco, Christine Rossouw, Hester Steyn en Tinya Chuang;
Voor van links is Fiona Lee, Elsie Schoombie en Alanis Alvarez Aranda.

Volgens een van die organiseerders van die kompetisie, Elsie Schoombie, is die Vrystaat en Noord-Kaap verteenwoordig deur junior sowel as senior spanne. “Die junior span bestaan uit graad 7- tot 9-leerders en die senior span word gekies uit graad 10- tot graad 12-leerders,” sê Schoombie.

Die Vrystaat en Noord-Kaap, Siyanqoba-span, het taamlik goed gevaar hierdie jaar. Schoombie sê die Junior A-span het derde in die land gekom uit ‘n totaal van 77 spanne, die Junior B-span het 16de gekom en die Junior C-span 12de. Die Senior A-span het sesde in die land gekom uit ‘n totaal van 81 spanne en die Senior B-span was 14de.

Schoombie het aan Bloemfontein Courant gesê die leerders het opleiding ontvang vir die nuwe aanlyn-situasie vir die kompetisie. Hannes van Biljon en Hester Steyn van die Hoërskool Eunice het gehelp met tegniese aspekte van die aanlynkompetisie. Die leerders van Bloemfontein en van Kimberley kon almal uit hul huise deelneem en geen leerders hoef gereis het soos in vorige jare nie.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za