GEORG VAN ECK
Drie 16-jariges het stof in die oë van die ander junior gholfspelers van die Vrystaat en Noord-Kaap in die Gary Smith Bloemfontein Junior Ope op die baan van die Bloemfontein Gholfklub geskop.
Steven le Roux het die titel verower met ’n totaal van 223 houe oor drie rondtes. Hy is gevolg deur Dylan Pretorius (228) en Louis Fourie (232). Die drietal het ook die eerste plekke in die onder 17-afdeling ingeneem en behoort ook goed te vaar in die Noord-Kaap Junior Ope wat Saterdag en Sondag op die baan van die Klimberley Gholfklub beslis word.
In die Bloemfontein Junior Ope het Tolken Retief die o.19-ouderdomsgroep gewen met sy totaal van 232 houe. Gevolg deur Danus Kruger (236) en Aysen Heanan (238).
In die o.15-ouderdomsgroep het die deelnemers ook oor drie rondtes meegeding en hier het Leon van Jaarsveld met die loure weggestap met sy totaal van 240 houe. Ge-Rico Muller was tweede met 249 houe gevolg deur Llewellyn Booysen (252).
Die o.13 en o.11 ouderdomsgroepe het oor twee rondtes meegeding. Remon Rabie (167), Du Toit Fourie (170) en Franco van Deventer (184) het die eerste drie plekke in die o.13-afdeling ingeneem
In die o.11-afdeling het Jean-Pierre Fourie (148) eerste geëindig gevolg deur Boela Deplort (150) en Dian Fourie (155).
Die jongste Verdienste-puntelys van die junior spelers van die Vrystaat en Noord-Kaap is:
1. Steven le Roux (94), 2. Therion Nel (79), 3. Dylan Pretorius (79), 4. Attie van Wyk (73), 5. Louis Fourie (70), 6. Franco Froneman (70), 7. Tolken Retief (70, 8. Joubert Breytenbach