E Copy

Date:

Le Clos skitter in Beijing

MORGAN PIEK

Bloemfontein – Chad le Clos het sy skittervorm by vanjaar se kortbaan-wêreldbekerreeks in Beijing voortgesit met ‘n goue, silwer- en bronsmedalje op die eerste dag van die byeenkoms.

In sy eerste item van die dag het Le Clos die sliwer ingepalm in die mans 100m-vryslag, met Rusland se Vladimir Morozov wat hom in ‘n tyd van 45.88 sekondes geklop het.

Hy het egter goud gewen in die mans 200m-vlinderslag en wen die item in ‘n tyd van 1 minuut 51.70 sekondes.

Morozov was weer in die mans 100m- individuele wisselslag aan die wenkant, met Le Clos wat in die derde plek klaargemaak het.

Veteraan Roland Schoeman het vroeër die aand goud gewen in die 50m-borsslag – sy wentyd  25.95 sekondes.

Hy moes egter met die silwer tevrede wees in die 50m-vlinderslag. Die item is gewen deur Brasilie se Nicholas Santos in tyd van 23.15 sekondes.
 

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...