Le Clos laat die 200m-vlinderslag-wêreldrekord spat

0
546
MORGAN PIEK

Bloemfontein – Chad le Clos het die mans-200m-vlinderslag-wêreldrekord laat spat tydens die Swemwêreldbeker in Eindhoven, Nederland.

Die 21-jarige boorling van Durban was in ‘n klas van sy eie en het die item vanaf die begin tot die einde toe gelei.

Hy het die afstand in ‘n tyd van 1 minute 49.11 sekondes gewen on die wêreldrekord met 0.07 sekondes te verbeter.

Nog ‘n Suid-Afrikaner, Myles Brown, het goed gevorder in die swembad toe hy tweede geëindig het in die mans-400m-vryslag.

Brown het die gaping tussen homself en die gunsteling, Yannick Agnel van Frankryk, verkort om die afstand in ‘n tyd van 3 minute 37.91 sekondes te swem, slegs 0.16 sekondes stadiger as Agnel. Met sy poging het Brown ‘n nuwe Afrika- en Suid-Afrikaanse rekord opgestel deur Ryk Neetling se rekord wat hy in 2004 opgestel het met 2 sekondes te verbeter.