Langehoven Mark win regsadvies in

0
515

Hoewel die bestuur van die Langenhoven Mark tot op die laaste oomblik probeer het om die mark more te laat plaasvind, was die geluk egter nie aan hul kant nie.

Dit kom nadat die polisie verlede Saterdag die mark gesluit het weens Covid-19-inperkingsmaatreëls. Die bestuur het nou die dienste van ‘n prokureur bekom om die mark as ‘n uitstal-area vir informele handelaars te verklaar.

“Ongelukkig duur hierdie proses lank, en is ons spyt om die publiek mee te deel dat die mark nie hierdie Saterdag oop sal wees nie,” sê die bestuur in ‘n verklaring.

Hulle sê die rede wat die polisie aanvoer vir die sluiting, is dat vlooimarkte nie onder Vlak 4 toegelaat word nie. “Ons is steeds oortuig dat ons nie ‘n vlooimark bedryf nie, maar ‘n uitstal-area vir informele handelaars. Die polisie wil egter nie hierdie onderskeid erken nie.

Die bestuur hoop om teen volgende week goeie nuus in verband met die mark vir die publiek te bring.

Saamgestel deur Justine Fortuin