DUANE PETRUS
Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad is tevrede met die toepassing van die gebruik van amptelike landstale-wetgewing deur staatsdepartemente.
Die wet wat verlede jaar ingestel is, stel voor dat amptelike landstale gelyke behandeling deur staatsdepartemente ontvang.
Die wet vereis ook gelyke toegang tot dienste en inligting in alle amptelike landstale by staatsdepartemente.
PANSAT het gister ‘n taalindaba in Bloemfontein gehou om te monitor of die wetgewing toegepas word.