Landbou kan SA uit werkloosheidkrisis red – Agri SA

0
267
Foto: Rejanala-plaas in Thaba Nchu, Managung. FOTO: SEITHATI SEMENOKANE

Nadat Suid-Afrika se werkloosheidsyfers tot ‘n rekordhoogte van 29% gestyg het, het Agri SA die mening uitgespreek dat hy besorg is oor die stygende werkloosheidtempo en wil hy die regering daaraan herinner dat beleggersvertroue, veral in die landbou, noodsaaklik is om werkskepping op die regte spoor te bring.

Die landbou-organisasie het bygevoeg dat landbou se werksyfers redelik stabiel gebly het in vergelyking met ander sektore deurdat slegs 1 000 werksverliese sedert die eerste kwartaal voorgekom het.

“Hierdie getalle wys dat landbou die spreekwoordelike lig aan die einde van die tonnel kan wees. Beleidsonsekerheid, soos grondonteiening sonder vergoeding en swak ekonomiese groei, is ‘n hinderniss tot werklike werkskepping in die landbousektor,” het Jahni de Villiers, hoof van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid: Arbeid en Ontwikkeling, gesê.

Vroeër die jaar het die Vrystaat Departement van Arbeid gesê dat hy baie beïndruk is met die ommekeer in die nakoming van arbeidswetstoepassing in die landbousektor met betrekking tot die minimum loon.

Gedurende Mei, wat Werkersmaand was, het die Departement van Arbeid ‘n blits-inspeksietoer oor die provinsie onderneem om te verseker dat werknemers aan arbeidswette voldoen. Tydens hierdie inspeksies is arbeidsinspekteurs vergesel deur verskeie belanghebbendes, wat gekyk het na basiese toestande van werksinstansies, beroepsgesondheid en -veiligheid,werkloosheidsversekering sowel as die uitvoering van werksplekbesoeke.

Ondersoeke deur die departement het getoon dat die landbousektor in die provinsie, wat voorheen bekend was daarvoor dat daar nie voldoen is aan die nasionale minimum loon nie, ‘n verandering ondergaan het.

“Landbou kan ‘n groot bydrae lewer om werkloosheid aan te spreek, maar boere en agri-besighede het dringend beleidsekerheid nodig asook die ondersteuning om dit te kan doen,” het De Villiers bygevoeg.

Seithati Semenokane

seithati@centralmediagroup.co.za