Laerskool Credence vier 30ste verjaardag

0
2414
Leerder van Laerskool Credence wat die Ma en Dogter Tee bygewoon het.

Die Laerskool Credence in Heidedal vier sy 30ste verjaardag.

As deel van die feesvieringe word ‘n Pa en Seun-dag by die skool gehou, terwyl ‘n Ma en Dogter-teeparty by die Laerskool Heide plaasvind.

Skoolhoof van Credence, Maureen Ridgard, sê die skool se verjaardag is iets baie spesiaals. “Dit is spesiaal dat die kinders en die ouers bietjie kan tyd saam deurbring en mekaar kan leer ken omdat ‘n mens altyd so besig is.”

Bekende gesigte soos Anri Powell van Ace Models het ook die spesiale geleentheid bygewoon.

“Die mense het regtig die byeenkoms goed ondersteun. Die kaartjies is uitverkoop!” sê Ridgard.

Die geleentheid is goed ondersteun en die kaartjies is uitverkoop.

Jeretha Oosthuizen