Kyra benodig hulp om Amerika toe te gaan

0
1044
Klein Kyra Burger (3), wat in November in Amerika moet wees.

Kyra Burger (3), Bloemfontein se kankervegtertjie, en haar ouers moet op 2 November in Amerika wees vir haar, DFMO- behandeling (speifiek vir neuroblastoma-lyers), maar vir hierdie gesin moet nog só baie gebeur voor dan.

Volgens klein Kyra se ma, Mandi Venter, was hulle vir ’n tyd lank in die Kaap waar Kyra ’n buitepasiënt was en baie sterk chemo gekry het. Sy moes vir tien dae lank elke dag inspuitings kry. “Hulle het toe die stamseloorplanting daar gedoen,” sê Venter.

Sy verduidelik dat hulle daarna met die dokter oorsee gepraat het. Daar is besluit dat Kyra ná nog ’n paar toetse met behandeling in Amerika moet begin. “Dié toetse sal dan oorsee gestuur word en daarvolgens sal die dokter besluit watter een van die DFMO-proefbehandelings sy vir Kyra gaan gee.

“Een van die behandelings is baie sterk en sal beteken dat ons vir ses maande in Amerika moet bly. Die ander opsie sal wees dat ons vyf keer heen en weer sal moet vlieg.” Dit gaan verder blykbaar baie goed met die dogtertjie. Sy is volgens haar ma ’n regte driejarige en hulle is baie dankbaar daarvoor.

“Die tyd is net nie genoeg vir fondsinsamelings nie; dit het baie vinning gekom. Klein Kyra is afhanklik van die publiek om haar te help.”Dit is nie lekker vir ons om vir donasies te vra nie, maar ons as ouers kan dit nie alleen doen nie. Ons het werklik hulp nodig.”

Sy sê ook dat die gemeenskap se ondersteuning en gebede vir hulle baie beteken. Kyra het ook n backabuddy campaign as mense daar donasies wil maak:

https://www. backabuddy.co.za/ kyra-burger

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za