Kylie Jenner word wêreld se jongste miljardêr

0
509
Kylie Jenner. Foto: www.forbes.com

Volgens Forbes se miljardêrlys het Kylie Jenner die wêreld se jongste selfgemaakte miljardêr geword. Jenner, gebore op 10 Augustus 1997, is ‘n Amerikaanse realiteitpersoonlikheid op televisie, ‘n model, entrepreneur, sosiale vlinder en sosialemedia-persoonlikheid.

Sy het haar eerste verskyning in die gewilde werklikheidsreeksreeks, Keeping Up with the Kardashians, in 2007 gemaak en is die stigter en eienaar van kosmetiese maatskappy, Kylie Cosmetics. Die jongste Kardashian-familielid maak haar fortuin uit haar wêreldberoemde kosmetiekbesigheid.

Die 21-jarige het Kylie Cosmetics drie jaar gelede gestig, wat verlede jaar sowat $ 360 miljoen in verkope opgelewer het. Sy het selfs vroeër die miljardêrmylpaal bereik as Facebook-stigter Mark Zuckerberg, wat ‘n miljardêr geword het op die ouderdom van 23 jaar. – Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za