KykNET soek boere vir Boer Soek ’n Vrou

0
933

Die soektog na die 2019-wenner van kykNET se gewilde reeks, Boer Soek ‘n Vrou, het in alle erns begin.

KykNET het pas in ‘n verklaring aangekondig dat hy op soek is na boere van oor die land heen om in te skryf vir 2019 se reeks van Boer Soek ’n Vrou.

“Dié werklikheidsreeks het sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde gevind en in die afgelope reeks het die boere-Kupido se pyle vir Réan en Rox-Zee, asook vir Toanette en Nardus, getref.

“Boonop het die liefde ook vir een van 2018 se ander TV-boere geblom! Só, het André die oog gevang van Monja, wat in 2015 se reeks by een van die boere vlerk gesleep het,” lui die verklaring.

Nou soek kykNET 2019 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 12de seisoen. Die gewilde sangeres, Leah, sal ook terugkeer as aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.

Boere kan inskryf by www.kyknet.tv of http://bit.ly/boer2019, waar jy óf aanlyn kan inskryf of ’n inskryfvorm kan aflaai; hulle kan Marche Media by 079-335-5137 bel; of ’n e-pos stuur na boer@marche.media

Belangrike inligting:
• Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
• Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
• Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 22 Maart 2019 bereik.
• Die tien gekose boere sal teen 19 April 2019 in kennis gestel word.
•Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankonding oor 2019 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
•Die twaalfde reeks sal van Oktober op kykNET uitgesaai word.

info@bloemfonteincourant.co.za