KYK: Lewende Woord reik uit na hospitaal in Bfn

0
838
Biddende gemeentelede voor Life Rosepark-hospitaal FOTO: Verskaf deur Lewende Woord

Die Lewende Woord-gemeente het op Maandag 26 Julie reg rondom Life Rosepark-hospitaal gaan bid en pasiënte en personeel met aanbiddingsmusiek bedien.

“In ‘n tyd waar mense geliefdes verloor, finansiële stres beleef en geweldige trauma verduur, is die kerk se missie om aan die wêreld te verkondig dat Jesus Christus ons enigste bron van hoop is,” sê Danél Verwey van Lewende Woord.

Die kerk se span het die geleentheid gereël en die hele gemeente asook mense van die gemeenskap, het saam kom bid. “Daar is ook baie van die leiers en gemeentelede wat van hul huise af ingetree het vir die pasiënte en personeel,” sê Verwey.

Lewende Woord glo dat daar ‘n groot behoefte is vir bediening in hospitale, veral tydens die pandemie. Mense lê alleen in hospitale en die mediese personeel is onder geweldige druk, dus is gebed nodig; nou meer as ooit. “Ons as kerk wil graag mense bemoedig, vertroos, bedien en hoop gee in hierdie tyd,” sê Verwey.

Alle sosiale distansiëringreëls en regulasies is tydens die aanbidding- en gebedsessie toegepas.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za