E Copy

Date:

Kurt Darren steeds ernstig in hospitaal, wys hy’s ‘OK’

Duane Petrus

Suid-Afrikaanse sanger, Kurt Darren, is steeds in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy die afgelope naweek in ‘n motorongeluk beseer is. Hy het, volgens berigte, agt ribbes gebreek en dokters sal vandag die erns van sy inwendige bloeding vasstel.

Darren was ‘n passasier in ‘n motor wat in Kameelfontein buite Pretoria in ‘n ongeluk betrokke was. Sy bestuurder, Louis van Wyk, het gesê reëlings word getref om sy vrou, Dunay, wat tans saam met haar ma in Europa toer, na die land terug te bring.

"In hierdie stadium het hy ‘n suurstofmasker aan omdat hy baie met sy asemhaling sukkel.  As jy so baie ribbes gebreek het, is daar baie pyn in jou diafragma wanneer jy asemhaal.  Maar hy wys vir my met sy hande dat hy OK is, en hy kan fluister. Hy praat egter die minimum," het Van Wyk Maandagoggend gesê.

Darren was geskeduleer om Dinsdag ‘n vertoning tydens die Vryfees in Bloemfontein te lewer, maar dit is weens die ongeluk gekanselleer.

Volksblad berig dat feesgangers wat kaartjies vir Darren se optrede in die Kovsiekerk gekoop het, hul geld by Computicket kan terugeis.  Hulle moet die teaterkaartjies en kredietkaart toon en het tyd tot Sondag.

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...