Kunswedstrydkoors by Eduplus

0
784


Die volgende Eduplus-leerlinge het uitstekend gevaar in die pas afgelope Bloemfonteinse Kunswedstryd: Berne Beukes (goue simbole vir 18 items), Danielle Ceronio (goue simbole vir 25 items), Marjolijn Visser (goue simbole vir 10 items), Lane Rossouw (goue simbole vir 18 items), Maria Yazbek (goue simbole vir 14 items), Liam van Zuydam (goue simbole vir 12 items). Die goue simbole wat hulle behaal het wissel van A tot A++ en is in ‘n verskeidenheid items (van voordrag, ligte musiek, orkesinstrumente, klavier, tot voordrag en toneel), behaal.


Op die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging se prestige-gala-aand wat op Vrydag 29 Mei gehou is, is die volgende Eduplus-leerlinge vir hul prestasies tydens die kunswedstryd vereer: Maria Yazbek is aangewys as beste stryker, Berne Beukes as mees belowende pianis in die junior afdeling en Danielle Ceronio as beste instrumentalis in die ligtemusiek-afdeling. Ceronio het ook die ATKV-voordragprys vir die beste prestasie in voordrag en toneel in die primêre skool ontvang. Agter is Ronelle Ceronio (skoolhoof) en Tamsyn Eccles (adjunk-hoof). Eduplus het ook die Elsa Krantz-trofee vir die skool met die meeste voordrag- en toneelinskrywings en die trofee vir die beste poppekasitem in die primêre skool ontvang.