Die 47ste Vrystaatse Kunswedstryd vind weer hierdie jaar plaas vanaf 15 Mei tot 1 Julie. Bloemfontein is bevoorreg dat verskeie bekende beoordelaars hier in die verskillende afdelings as beoordelaars gaan optree.
Vokale Afdeling: Leon Starker van die Kaap is sedert 2003 die koorleier van die “Pro Cantu Jeugkoor” – voorheen bekend as die Kaapstadse Jeugkoor. Hierdie koor verwerf verskeie internasionale toekennings en in 2011 twee goue medaljes by die “Grand Prix of Choral Music” in Graz. Hy is ook die koorleier van skoolkoor van DF Malan Hoërskool en St Cyprains Girls Choir.
Junior Klavier en orrel: Ockie Vermeulen het bekendheid verwerf as begeleier, verwerker en veral orrelis en het verskeie toekennings (nasionaal en internasionaal) ontvang.
Senior Klavier: Oud-Bloemfonteiner, Sjoerd Alkema, is die beoordelaar. Hy het intussen sy D.Phil graad ontvang.
Orkesinstrumente: Dit is ‘n voorreg om mnr Nico Hoogendoorn, voorheen verbonde aan die Musicon en wat tans in Fouriesburg woon, as beoordelaar te verwelkom.
Ligte Musiek: Twee bekende Bloemfonteiners, Johan Cromhout en Ella Kotze, gaan die verskillende afdelings van Ligte Musiek behartig.
Voordrag en Toneel: Helena Olivier van Johanneburg en Cillie Cillé van Durban is die beoordelaars vir hierdie afdeling.
SLUITINGSDATUM vir inskrywings is VRYDAG 8 MAART. Handinskrywings kan vanaf 12:00 by die Personeelkamer van Grey Primêr gedoen word. Laat inskrywings teen dubbel die inskrywingsfooi sal tot 11 Maart ontvang word.
Vir elektroniese inskrywings en fakse besoek ons by www.kunswedstryd.org.za vir verdere inligting.
Die Handboek (teen R30-00) is beskikbaar by DV Village (ou DeeVees) – Victoria Square; M&M Boekhandel – Muddplein en Fichardtpark Apteek – Fichardtpark Sentrum
Vir navrae kontak Kobie Colditz (sel 082 345 0985) of Marie de Wit (082 463 7865)