Kunstenaars aangekondig vir Moments-konsert

0
291
Willie Venter, die baasbrein agter die Moments-konsert

Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kunstenaars wat hierdie jaar deel gaan wees van die Moments-konsert.
Sedert die begin van die Moments-konserte is dit sonder twyfel ‘n gunstelingvertoning wat elke jaar sorg vir ‘n ongekende hoogtepunt. Hierdie jaar se vertoning hou dieselfde betowering in en mense kan uitsien na Sonja Herholdt en die Bloemfontein Kinderkoor met een van haar treffers, Jantjie. Ander kunstenaars soos Jannie Moolman, Tobi Jooste, Jennifer Jones, On-Que, Ella Kotze, Ellane Kotze, Margie Anderson, Thabo Hlongwane, Cezanne Yzelle, Ilse-Louise, Louis and Nikita, I Am Young Project, Take Note en Bliss Acapella gaan ook optree.
Die aanbieder van Moments, Willie Venter, sê hierdie konsert is ‘n nasionale franchise-verhoogproduksie wat bestaan uit professionele aanbieders, musikante, sangers en dansers wat plaaslik en nasionaal gewerf word. Hy verduidelik dat die konsert ook die wye diversiteit en die uniekheid van die kunste, wat aanleiding gee tot die geleentheid vir hierdie kunstenaars om hul talente te kommersialiseer, vier. “Ons doel is om ‘n platform te skep vir die kunstenaars se eiewaarde wanneer hulle optree.”
Kaartjies vir die jaarlikse Moments-vertoning is reeds beskikbaar by Computicket.
Die konsert vind hierdie jaar plaas by die Odeion-teater op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat op 23 November 2019 om 14:30 en om 19:30. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za