Kultuurmark gaan kook dié naweek

0
2868
Marcia Lerumo (21) is een van die skoonhede wat hoop om as Miss Heidedal Cultural Market gekroon te word.

Die vierde aflewering van die Heidedal Cultural Market wat die naweek gehou word, gaan ‘n opwindende geleentheid wees wat niemand durf misloop nie.
Die mark word op Vrydag 4 Mei van 18:00 tot laataand by die Daisy’s Pot Coffee Shop in die Lee-Marco-sentrum in Heidedal aangebied.
Benewens die talle stalletjies waar besoekers honderde winskopies vir Moedersdag sal kan koop, bied die kultuurmark ook ‘n vol program wat beloof om mense op die punt van hul stoele te hou.

Ntswaki Botha (19) het haar oog op die kroon van die Miss Heidedal Cultural Market.

Die program sluit in die bekendstelling van Ace Models Heidedal. Hoewel die agentskap nou al ‘n rukkie bestaan, word dit eers hierdie naweek amptelik bekendgestel. As deel van die bekendstelling gaan Ace Models Heidedal se modelle ‘n spesiale modevertoning aanbied.
Asof dit nie genoeg is nie, word die heel eerste Miss Heidedal Cultural Market ook die naweek in samewerking met Ace Models Heidedal gekies. Tientalle jong aspirant-modelle het hulle reeds vir dié gewilde kompetisie ingeskryf. Jong meisies wat steeds will inskryf het tot vandag om 12:00 om vir Crystal Titus by 073-863-3234 te bel of te WhatsApp.
Die aand se vermaakprogram sluit ook ‘n optrede deur die jong rap-kunsternaar, King Weedy, in. Weedy het aanvanklik as veiligheidsbeampte by die kultuurmark begin werk. Tydens die vorige mark het hy die organiseerders gevra om hom ‘n geleentheid te gee om een van sy rap-liedjies uit te voer. Die organiseerders was so beïndruk met Weedy se optrede dat hulle hom op die amptelike program vir hierdie naweek se mark ingesluit het.
Die goeie nuus vir uitstallers wat nog hul ware by die mark wil kom uitstal, is dat daar nog beperkte plekke beskikbaar is. Vir meer inligting oor mark of om ‘n stalletjie te bespreek, bel 073-226-7125.
info@bloemfonteincourant.co.za