E Copy

Date:

Kry jou buitelandse blootstelling in plek

HORACE TERRY 

Ek gesels verlede week met ‘n kliënt rakende buitelandse beleggings. Ons moes besluit of dit nodig is om buitelandse blootstelling in sy beleggingsportefeulje te hê, en of dit voldoende is om slegs plaaslike blootstelling te benut. Almal weet dat buitelandse beleggings vir baie van ons geen of baie lae opbrengste gegee het oor die laaste tien jaar. Natuurlik is ons nou versigtig vir buitelandse beleggings. Waarom het buitelandse beleggings dan so swak gevaar die laaste tien jaar? Buitelandse bates het tien jaar gelede baie hoër waardasies gehad, en was dus eintlik duur geprys gewees.
Sedertdien het buitelandse bates se pryse baie afgekom, en terselfder tyd het die Rand heelwat verstewig teenoor die meeste buitelandse geldeenhede. Omdat alles in siklusse beweeg, het baie beleggers tien jaar gelede buitelandse beleggings gemaak gegrond op emosionele besluite van daardie tyd. Nou blyk die Rand relatief sterk te wees en buitelandse bates is op baie aantreklike waardasievlakke.
Ons is egter nou versigtig vir buitelandse blootstelling omdat ons terugdink aan die laaste tien jaar. Kokkie Kooyman van Sanlam Beleggingsbestuur is die afgelope twee jaar aangewys as die beste fondsbestuurder in die wêreld, en hy bestuur fondse wat in die buiteland belê. Hy is tans uiters positief oor buitelandse beleggings. Kooyman is ook van mening dat Suid-Afrika so ‘n klein gedeelte van die wêreldekonomie uitmaak en so sensitief is vir politiese risiko’s, dat dit doodeenvoudig sin maak om ‘n gedeelte van jou beleggingsportefeulje in buitelandse bates te belê. Wanneer is die beste tyd om jou buitelandse blootstelling in plek te kry?
Volgens Kooyman is dit wanneer buitelandse markte op hulle slegste vaar en wanneer sentiment op uiters negatiewe lae vlakke is, want dan is buitelandse bates op hul aantreklikste geprys. Wat moet ‘n belegger in buitelandse bates altyd onthou?
Eerstens, moet nie in die buiteland belê om met die wisselkoers te probeer speel nie. Belê in die buiteland om jou risiko geografies te versprei. Tweedens, wees geduldig, buitelandse beleggings is langtermyn beleggings. Derdens moet jy nie blindelings geld na buitelandse beleggings skuif nie. Gaan doen jou huiswerk en belê volgens jou kapasiteit vir beleggingsrisiko.

Share post:

Popular

More like this
Related

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...